Inwoners van kar beroof tydens kragonderbreking in buurt
SONLANDPARK. – Dit is klaar erg genoeg om vir dae lank sonder krag te sit, om dan nog met ’n vuurwapen in jou eie huis aangehou te word en van jou voertuig beroof te word is net te veel. ’n Gesin van Sonlandpark is Maandagaand by hul woning in Drakensbergstraat beroof, min of meer dieselfde …
SONLANDPARK. – Dit is klaar erg genoeg om vir dae lank sonder krag te sit, om dan nog met ’n vuurwapen in jou eie huis aangehou te word en van jou voertuig beroof te word is net te veel.

’n Gesin van Sonlandpark is Maandagaand by hul woning in Drakensbergstraat beroof, min of meer dieselfde tyd as wat ’n groep inwoners na die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, eerw. Gift Moerane, se woning in Vanderbijlpark opgeruk het om protes aan te teken teen alewige kragonderbrekings.
Daar word beweer dat die rowers ’n geweer teen die inwoner se kop gedruk het en daarna met haar Suzuki Swift op die vlug geslaan het. Die rowers het glo ook ‘n handsak wat aan die vrou se tannie behoort gebuit. Skote is glo ook afgevuur tydens die rooftog.


