NewsNews

Fondse benodig vir Bybel Projek se Glimlaggiedag

VANDERBIJLPARK. – In Augustus het Vaalweekblad berig oor Chris van Rooyen se Bybel Projek waar hy gevra het vir Bybels, en ander skenkings om 77 gesinne met ‘n Bybel en kos te kan voorsien.

Wel, dinge werk nie altyd uit soos beplan nie, soms is dit selfs beter.

Chris het reeds genoeg Bybels ontvang asook niebederfbare kos en klere wat hulle beplan om op Saterdag, 21 November in Philip Nelstraat in CW5 te gaan uitdeel.

Sedert Augustus het sy eie posisie baie verbeter, hy het nou ‘n vaste werk en die Geloof Bybel Kollege het hom, na aanleiding van die berig was ons geplaas het, afslag gegee vir sy derdejaarstudies volgende jaar. Hy is dus nou nog ‘n stappie nader om voltyds vir die Here te kan werk en die gemeenskap te kan dien.

Juis omdat hy so geseënd is, wil hy graag die inwoners van die kleinhuisies (ongeveer 150 mense) op 21 November so bietjie bederf met lekkergoed en koeldrank. Met Kersfees om die draai en al die kragonderbrekings, sal hy ook graag kerse vir elke gesin wil skenk. Hulle benodig ongeveer R2 000 om in hierdie doel te kan slaag. Indien jy sou belangstel om betrokke te raak by Glimlaggiedag, kan jy vir Chris ‘n SMS by 071 266 5078 stuur. Die bankbesonderhede vir donasies is: Rekeningnaam – Projek 77. Rekeningnommer – 1724322441. Capitec Bank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button