CCTV wys hoe vrou by Spar beroof word
VAALPARK. – ‘n Jong vrou is Donderdagoggend 12 November helder oor dag by die Spar in Vaalpark beroof. Kringtelevisie het die voorval vasgevang waarin daar gesien word hoe ‘n jong man die vrou agtervolg, terwyl hy kwansuis op sy selfoon praat. Dié booswig het gewag totdat die vrou haar inkopies in haar voertuig se kattebak …

VAALPARK. – ‘n Jong vrou is Donderdagoggend 12 November helder oor dag by die Spar in Vaalpark beroof. Kringtelevisie het die voorval vasgevang waarin daar gesien word hoe ‘n jong man die vrou agtervolg, terwyl hy kwansuis op sy selfoon praat. Dié booswig het gewag totdat die vrou haar inkopies in haar voertuig se kattebak laai, voordat hy toegeslaan het en haar besittings met geweld by haar afgeneem het. Die vrou het haar teengesit maar is deur die grypdief omgestamp, waarna hy in ‘n grysblou Toyota wat gestaan en wag het, ingespring en weggejaag het. ‘n Karwag het haar te hulp gesnel, maar kon nie die dief vastrek nie. *Die video is deur die DA-raadslid Jacques Barnard op sosiale media gedeel wat hy ook aan Vaalweekblad gestuur het.
