Dié grootoor uiltjie is laat in September gebore, maar het intussen diep in die pastorie egpaar, ds. Chris en Martie Olivier, asook die gemeente se harte gekruip.
Martie het geglo dat sy oë so groot is weens hongerpyne en het hom na Rickus, ‘n lidmaat se raad, begin voer met hoenderlewertjies. Hy is daarna drie keer per dag gevoer.

Dit was moontlik waar, want die uilkind het haar telkens opgewonde met klapgeluide verwelkom as sy met die kossies naderstaan.
Hy is toe Xhosarickus gedoop.
Die egpaar was besorg oor hom en het die gemeente getrou met sy vordering op hoogte gehou.
Daar is met trots aangekondig toe Xhosarickus vir die eerste keer tot op die kerk se dak se hoogste nok kon vlieg. Ouers deel mos sulke gebeure!
Maar Xhosarickus se regte uil-ma het al die interaksie met haar kind met ‘n valkoog dopgehou.

en kom en gaan soos hy wil.
“Ek was eendag besig om vir Xhosarickus sy kos te voer toe vlieg sy ma op my af. Ek het groot geskrik, maar toe sy sien ek doen hom geen leed aan nie, het sy weer haar plek in die boom gaan inneem,” vertel Martie.
So het die jong uiltjie groter en sterker geword en agtergekom hy kan vlieg.
“Sy ma het hom onlangs op ‘n site scene gevat. Ek het heeldag na hom gesoek en gebid dat die Here hom net sal bewaar en veilig hou saam sy ouers,” vertel Martie. Die uiltjie het so diep in haar hart gekruip en sy was eers weer rustig toe sy hom terug op die terrein gewaar het.
Maar toe kom daar nog ‘n verrassing. Xhosarickus het al die tyd ‘n sussie. Sy is intussen Marguerite gedoop. Die hele uilfamilie van vier is nou onder die vlerk van die NG Kerk Drie Riviere-Oos. Daar word tans ‘n uilhok vir hulle laat bou wat binnekort hul nuwe tuiste sal wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
