NewsNews

Pastoorspaar sluit aan by Harvester Reformational Church

Pastoor Edmund Huggett, sy vrou, Lenuschke en hul seun Edjuan, het hulle onlangs by die Harvester Reformational Church in Vereeniging aangesluit.

Die pastoorspaar is oorspronklik van Centurion en was vir ongeveer 22 jaar in diens van die Apostoliese Geloofsending. Hulle woon die afgelope vyf jaar in Vereeniging.
Die Harvester Reformational Church-gemeente kom Sondae om 09:00 by Lions Creek (Donaldweg 79, Glen Donald) byeen vir dienste. Edmund sê: “Elke dag is ‘n geleentheid wat God gee om ‘n mens se lewe te kan verander en voluit met Hom in ‘n verhouding te kan leef. Dit is opwindend om vanuit daardie verhouding vir God iets te kan doen.
“Ons is opgewonde dat die Here vir ons ‘n geleentheid gegee het om hier in Vereeniging vir Hom te kan staan in diens van Harvester Reformational Church en om Hom te dien saam met al die ander gelowiges. Ons fokus op ‘n lewe van geregtigheid uit die volmaakte werk van Jesus Christus en wat Hy aan die kruis vir ons gedoen het. Elke dag van jou lewe is ‘n groeiproses,” sê hy. Edmund nooi mense uit om Sondae na die Harvester Reformational Church te kom.
“Kom net soos jy is en ontdek wie jy in Christus is. Kom ervaar deur Sy Gees die waarheid, soos die Woord sê: Jy sal die waarheid ken, en die waarheid sal jou vry maak. Dien die Here.
Kontak Edmund by 082 698 3466 vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button