NewsNews

Handhaaf strenger Covid-reëls in gyms

Fiksheidsgeesdriftige van die Vaaldriehoek skryf:

Die Corona-virus het ons almal se lewens drasties verander. ‘n Familielid van my het weens Covid-19 by die dood omgedraai, dus neem ons gesin die siekte baie ernstig op. Streng maatreëls geld ook by my werksplek.
Ek is ‘n groot fiksheidsgeesdriftige en oefen elke dag na werk by ‘n gimnasium in die Vaaldriehoek. Wat my knorrig maak, is dat die Covid-reëls om elke hoek en draai geïgnoreer word. Die gym maak voldoende voorsiening vir handsanitasie en die personeel dra almal heeltyd maskers, maar omtrent 60% van die besoekers steur hulle glad nie aan die reëls nie. Hulle stap sonder maskers van die kleedkamers af na die oefenareas, en baie oefen ook heeltyd op die apparate sonder ‘n masker in sig. Ek verwag nie die onmoontlike en dat mense heeltyd maskers moet dra as hulle minstens twee meter van mekaar af oefen nie, maar hou jou masker byderhand en sit hom dadelik op voordat jy nader aan ander mense beweeg.
Ek dra my masker nie net om myself nie, maar ook ander te beskerm en ek verwag dieselfde van ander mense. Ongelukkig gee sommige duidelik nie om nie.
Ek het die saak met die gimnasiumbestuurder bespreek en hoewel hy saamstem, sê hy hulle kan nie veel daaraan doen nie, want die klublede word kwaad as hulle daaroor aangespreek word. Ek het ook reeds ‘n brief in dié verband aan die gimnasium se hoofkantoor gestuur, maar nog geen antwoord ontvang nie.
Indien ek oor twee weke nog nie ‘n verbetering in die situasie sien nie, gaan ek die betrokke gym se naam in Vaalweekblad bekend maak en vra vir ‘n deeglike ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button