NewsNews

Vereeniging: Nuwe tuiste van die “Groot Gat”

VEREENIGING. - Kimberley is lank nie meer die enigste stad in Suid-Afrika wat met ’n Groot Gat spog nie, daar is nou ook heelwat gate in Blackwoodstraat in Drie Riviere!

 
“Dit is ’n ongeluk wat wag om te gebeur,” meen ’n inwoner wat gereeld die pad gebruik.
’n Tamaai slaggat in Blackwoodstraat.
Mense is verlede week gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle die pad gebruik.
Inwoners het op sosiale media die woorde “donga” en “canyon” gebruik om hierdie reusagtige gat te beskryf.
Nog tamaai slaggate in Blackwoodstraat. Foto’s: Christiaan Cloete
Dit nie die enigste gat nie. Daar is talle slaggate regoor Vereeniging wat wag om motors se bande te beskadig.
Die stand van Blackwoodstraat is so erg dat talle inwoners nou eerder Generaal Hertzogweg gebruik.
Die slaggate word veroorsaak deur swaarvragmotors wat daagliks die pad gebruik en ’n algemene gebrek aan instandhouding.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button