NewsNews

Dink-en-Doen sluit 2020 met heerlike spitbraai af

VANDERBIJLPARK. - Hoewel die Covid-inperking die damesklub, Dink-en-Doen, se aktiwiteite vanjaar grootliks tot stilstand gedwing het, het die klubbestuur tog besluit om die jaar op feestelike wyse af te sluit.

Die lede was almal uitgehonger vir gesels en om weer kontak met medelede te maak. Tafels is mooi gedek en die lede kon aansit by heerlik gebraaide vleis en slaaie.
Mev. Maggie Swanepoel, voorsitter van die klub, sê daar word beplan om weer op 12 Januarie volgende jaar met die maandelikse program weg te spring.
Ledegeld is R200 vir die jaar en gaste betaal slegs R50 om ‘n kuieroggend by te woon.
Byeenkomste vind elke tweede Dinsdag van die maand om 10:00 by die NG Gemeente Driehoek plaas. Kontak Maggie by 082 375 2780 vir meer besonderhede.
Onder die dames wat Dink-en-Doen se spitbraai bygewoon het, is agter: Leona Greyling, Hannietjie Venter en Magda McGeer. Voor sit Engela Strauss.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: [email protected] She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: [email protected]
Back to top button