NewsNews

Operasie by Onderstepoort kan Yoda se lewe red

VANDERBIJLPARK. - Daar word tans hard gespook om geld in te samel vir ‘n plaaslike inwoner wie se geliefde Pekingese-hondjie, Yoda, deur ‘n man geskop en ernstige rugbeserings opgedoen het.

 
Yoda, die 6-jarige hondekind van Amanda Griesel (eienaar van die Phoenix Pub & Grill in Vanderbijlpark) is op 16 November deur ‘n man geskop wat in die asblikke gegrawe het.
“Yoda het dadelik swaar begin loop en is verder beseer toe hy van die bed af gespring het,” vertel Amanda. Sy raai nou ander honde-eienaars aan om liewer trappies langs beddens vir hul hondjies aan te skaf.
Melissa sing Vrydagaand tydens ‘n fondsinsameling vir Yoda se operasie by Phoenix Pub. Toegang is gratis.
Amanda het Yoda by twee veeartse gehad. Die tweede veearts, dr. Swanepoel van die Drie Riviere Dierekliniek in Vereeniging, het Yoda onder narkose ondersoek en X-strale geneem. Daar is toe gevind dat Yoda drie beserings op sy rugwerwel het. Dr. Swanepoel het verder aan Amanda verduidelik dat dit nie nodig is om Yoda te laat uitsit nie, en dat die kanse op herstel na die operasie goed is. Amanda het tot dusver reeds R4 500 aan veearts-onkostes betaal, maar ‘n verdere R34 000 word benodig vir die noodsaaklike operasie by Onderstepoort.
“Dit gaan onder omstandighede goed met Yoda.
Sy linker agterbeen sleep weens die besering, maar hy is tans op kortisoon, asook ander spesiale medikasie om sy stoelgang te reguleer wat ook kan bydra dat van sy beserings vererger. Hy het egter geen eetlus nie en word dus gevoer,” vertel Amanda.
Dit is beslis nie ‘n opsie vir haar om Yoda te laat uitsit terwyl daar hoop is nie. Yoda is vir haar en haar man Pieter, soos ‘n kind. As enigiemand ‘n bydrae wil maak, kan Amanda by 076 982 3946 gekontak word. Amanda en Pieter se harte is seer, maar hulle is hoopvol en bedank elkeen in die gemeenskap wat ‘n bydrae maak of hulle ondersteun.
Amanda sê ook sou iets skeefloop voor of tydens die operasie, dat al die fondse wat ingesamel is dan aan ander honderekeninge by die veearts geskenk sal word.
* Daar is ook kaartjies verkoop teen R20 per kaartjie vir ‘n gelukkige trekking op Vrydag, 4 Desember om 22:00 by Phoenix Pub & Grill. Gewilde plaaslike sangeres, Melissa, sal optree en toegang is gratis. Die pryswenner moet teenwoordig wees om sy/haar prys in ontvangs te neem.
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button