Die Corona-virus, Covid-19, wat die wêreld tans lamlê, is nie die eerste van sy soort wat ‘n groot effek op Suid-Afrikaners gehad het nie. Die Spaanse Griep (Groot Griep) van 1917/1918 het sy kloue ook behoorlik in ons land en sy mense ingeslaan.
Tussen September en Oktober 1918 het 140 000 mense in sewe weke in Suid-Afrika gesterf. Hiervan was 62% in die destydse Kaapprovinsie waar 6 000 mense in net twee weke gesterf het en 120 000 siek geword het. Van die bevolking van 6 miljoen het 2,6 miljoen in Suid-Afrika siek geword, en sommige kenners meen dat Suid-Afrika een van die lande was wat destyds die swaarste deur die siekte getref is.
- Liezl Scheepers van Vaalweekblad se susterskoerant, Parys Gazette, het ondersoek gedoen oor die ooreenkomste tussen die Groot Griep en Covid-19 se effek op die gemeenskap. Sy doen ook verslag oor ‘n bejaarde inwoner van Parys, Ouma Bettie Theron (98) se herinneringe van wat haar ouers haar oor die Groot Griep vertel het.
Kliek op die skakel “Spaanse Griep en Covid-19” hier onder vir die volledige berig:
https://parysgazette.co.za/37362/spaanse-griep-en-covid-19/?fbclid=IwAR2Dh8ZBOU6AzRs75OQ-4B-QAYT0WeMNyATW-3c4ghlD-51nqrr7Tr8X1Vg
