Local newsNewsNews

Tyd vir ‘uitstappie’ saam met die fotograwe

Geniet 'n middel-van-die-week uitstappie saam met die fotograwe.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 37ste fotoblad het in vandag se uitgawe van Vaalweekblad, 10 Maart, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n Troupant in vlug in die Krugerwildtuin geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Jan Putter van Vaalpark het die kleurryke natuurfoto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto van die “Old Roman stone bridge” by Pont Romanic d’Ordino geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kate Whittam from Vanderbijlpark took this beautiful photo of their Ridgeback.
Frik Nel van Vanderbijlpark het die pragtige foto in die Kaap geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi monochroom foto van ‘n roos geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige landskapfoto geneem.
Margaret Oosthuizen van Vanderbijlpark het die oulike foto van haar drie jaar oue African Grey geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van die flaminke by die Marievale Voëlpark geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto van ‘n eekhoring geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi landskap foto geneem.
Nicky Janse van Vuuren, professionele fotograaf van Vanderbijlpark, het die mooi honde-portret geneem.
“Red Bishop” – Pieter Moolman (oud-Valie) van Naboomspruit het die pragtige foto in die Marievale Voëlpark geneem.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi foto van haar kat Capi geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die helderkleurige natuurfoto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskap foto met skouspelatige kleure in die hemelruim op Riversong-plaas geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto by Mabalingwe geneem.
Celest van der Schyff van Meyerton het die pragtige sonopkoms foto in Meyerton geneem.
Danie Mohr van Henley-on-Klip het die mooi aksie foto onlangs tydens ‘n kanowedvaart geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die oulike foto van ‘n eekhoring geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Erika Coetzee van Risiville het die mooi foto in haar tuin geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button