Local newsNews

Valies gekroon by Country Toekennings

Kunstenaars van die Vaaldriehoek het behoorlik geskitter by die SACMAF toekenningsaand wat Woensdagaand in Pretoria plaasgevind het.

VANDERBIJLPARK – Die SA Country Music Association/Foundation (SACMAF) toekenningsaand het Country sangers van regoor die land by die Amora in Pretoria byeengebring. Dit was ʼn rooi tapyt geleentheid waar Country-musiek in Suid-Afrika met styl gevier is.

Caitie Rock Foto verskaf Theresa Rock

Die Vaal se kunstenaars het weer opslae gemaak en die een toekenning na die ander ingeryg.

Lion Jay het die welverdiende Jason Bradley toekenning vir Algehele Beste Manlike Kunstenaar ontvang. Daarmee saam het hy en Alan Garrity die Country Duo Oorspronklike Lied van die jaar vir hul treffer, Two Old Boys gewen.

Colin Dee met sy toekennings. Foto verskaf Colin van Vuuren

Hy het ook die toekenning vir Traditional Country Cover Male Artist ontvang vir sy weergawe van Just an Everloving Woman, die toekenning vir Country Cover Male Artist of the year vir sy weergawe van Dan Houston se If I had you en die Country Gospel Original Male Artist vir sy Heartbeat of Christmas.

Sean MIles. Foto verskaf Sean Miles

Die alombekende Karlien Husselman het drie toekennings ingepalm. Die eerste vir Afrikaans Country Gospel Song of the Year vir haar Bid in Afrikaans, die tweede een vir die Afrikaans Contemporary Gospel Song of the Year vir haar  Lig In Die Donker. Dan is sy ook gekroon met die Jennifer Zamudo Toekenning vir SA se Algehele Vroulike Kunstenaar vir die jaar.

Karlien Husselman en Lizzie Fergusen. Foto verskaf Virna Vermeulen

Musiek legende Alan Garrity het die SACMAF Africa Award ontvang. Colin Dee het twee toekennings gekry. Sy My Wens Vir Jou wat deur Sunette Bridges geskryf is, het hom die Beste Afrikaans Ballade Manlik besorg en dan het hy die Country Gospel Cover Song of the Year kategorie gewen met sy weergawe van Help Me.

Anne-Marie de la Rey

Meyerton se gewilde Caitie Rock is bekroon as die Afrikaans Most Aspiring New Artist, terwyl Sean Miles die Afrikaans Contemporary Song of the Year gewen het. Anne-Marie de la Rey is aangewys as die Afrikaans Contemporary Female Artist of the Year en Lizzie Ferguson het weggestap met die Best A.I Folk Country Lyrics of the Year vir haar Daai Ou Trein (Van Parys).

Alan Garrity met sy toekennings. Foto verskaf Virna Vermeulen
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button