Die Sasolburg-begraafplaas is in ‘n uiters skrikwekkende toestand. Die gras is so hoog dat ‘n mens nie jou geliefdes se grafte kan kry nie.
Verder is dit oortrek met meerkatte wat die grond uithol en veroorsaak dat die grafstene omval en breek. Wat is die kans om hierdie toestand sigbaar te maak, aangesien die parkeraad geen instandhouding doen nie?
* Vaalweekblad dra kennis van dieselfde probleme by die Vanderbijlpark-begraafplaas. Die plaaslike inwoners het hier maar self begin inspring om te probeer red – nie noodwendig wat van inwoners verwag word nie, maar ongelukkig tans die enigste oplossing.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
