News

Gesteelde koswaentjie opgespoor, drie in hegtenis

Die verdagtes is glo op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om die waentjie uitmekaar te haal.

VEREENIGING. – Drie verdagtes is Donderdag, 8 Oktober, in hegtenis geneem nadat ’n koswaentjie wat vroeër dié oggend in die Vereenigingse middestad gesteel is, opgespoor en teruggevind is.

Volgens die privaatsekuriteitsmaatskappy Sekuriteit Sonder Grense het inligting oor die waentjie se ligging tot ’n gesamentlike operasie gelei.

Voertuie van die privaatsekuriteitsmaatskappy Sekuriteit Sonder Grense waar die gesteelde waentjie gevind is. Foto: Sekuriteit Sonder Grense

Vereeniging SAPD, die polisie se Sektor 2-bevelvoerder, die Sedibeng-blitspatrollie, Midvaal se wetstoepassers en Sekuriteit Sonder Grense was betrokke.

Die maatskappy sê die eienaar het die waentjie in ’n erf uitgeken, waar die verdagtes na bewering besig was om dit uitmekaar te haal.

Die waentjie en gesteelde items is teruggevind en die drie verdagtes is na die Vereeniging-polisiekantoor geneem.

Die gesteelde koswaentjie wat teruggevind is. Foto: Sekuriteit Sonder Grense
Lede van die polisie en privaatsekuriteit by die perseel waar die koswaentjie gevind is. Foto: Sekuriteit Sonder Grense

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button