Ons eie Mirandi se Céline Dion Tribute
Mirandi se Céline Tribute neem jou op 'n nostalgiese reis van die sangeres se grootste treffers. Moenie dit misloop nie.
VEREENIGING – Die Vaaldriehoek se Mirandi is bekend vir haar op en wakker musiek. Sy het al bewys dat sy bykans enige genre kan aandurf.
Einde van die maand bring sy haar gewilde Céline Dion Tribute vertoning huis toe met ʼn eenmalige vertoning by The Busker (ou Barnyard Vereeniging).

Sy sê: “Céline Dion is veel meer as net ’n wêreldberoemde sangeres. Sy is ’n ikoon wie se musiek oor dekades heen miljoene mense se harte geraak het.
“Haar liedjies vertel stories van liefde, hoop, verlies, deursettingsvermoë en oorwinning, temas waarmee mense van alle ouderdomme kan identifiseer.”
Die vertoning bevat van Céline Dion se grootste treffers soos My Heart Will Go On, The Power of Love, Because You Loved Me en It’s All Coming Back To Me Now.
Vir Mirandi is hierdie tribute-produksie ’n viering van daardie tydlose musiek. Dit bied die geleentheid om die passie en emosie van Céline Dion se grootste treffers weer tot lewe te bring en gehore op ’n onvergeetlike musikale reis te neem.
“Céline Dion se musiek is nie net liedjies nie; dit is herinneringe, emosies en oomblikke wat mense se lewens raak.”
Die vertoning begin 19:00 vir 19:30 op Vrydag, 30 Oktober. Kaartjies kan bespreek word by 083 716 5495. Dit is ook te koop teen R150 per kaartjie by The Local Choice Pharmacy EURO in Drie Riviere.
The Busker se restaurant, deli en bar sal ook oop wees tydens die vertoning.