NewsNews

Kitaarspeler kry ghries op sy hande

VEREENIGING. - Die sanger Refentse se kitaarspelerhande het Vrydag ghries op gekry toe Lindsay Saker Volkswagen in die stad hom genooi het om sy “vakleerlingskap” in hul werkswinkel te doen.

Refentse het saam met Frans Gerber, ‘n diagnostiese tegnikus by Lindsay Saker se werkswinkel ‘n Amarok-bakkie gediens.
As deel van die diens is vonkproppe vervang en die voertuig se olie geruil – en waar olie betrokke is, is dit altyd ‘n morsige spul!
Refentse saam met Frans Gerber, ’n diagnostiese tegnikus, in Lindsay Saker Vereeniging se werkswinkel waar die sanger Vrydag sy “vakleerlingskap” afgelê het. Foto’s: Verskaf
Die sanger, wat Vrydag in ‘n deftige salmpienk hemp by die werkswinkel opgedaag het, het darem as voorsorg ‘n T-hemp voor die tyd aangetrek, want soos verwag is, was daar ghries oral.
Refentse het na die tyd gesê dat hy “die lekkerste tyd van sy lewe” gehad het.
“Ek dink die Vereeniging binne in my het my toegelaat om hierdie motorwerktuigkunde in my te ontwaak,” het hy skertsend gesê.
Refentse het in Vereeniging grootgeword en sy sangtalent is op 17-jarige ouderdom ontdek toe Cecilia Marchionna hom in Unitaspark hoor kitaarspeel en sing het.
Sy het ‘n video van Refentse geneem, dit op Facebook gedeel en die res is geskiedenis.
Refentse in ligte luim saam met Frans Geber, ’n diagnostiese tegnikus, in Lindsay Saker Vereeniging se werkswinkel.Foto: Verskaf
Vandag het Refentse ‘n huishoudelike naam wat al verskeie albums – insluitend sy debuutalbum My Hart Bly in ‘n Taal (2016) en My Venster (2017) – uitgereik het en wie se musiek met talle pryse vereer is.
Ná die sessie in die werkswinkel het die sanger saam met die personeel van Lindsay Saker Volkswagen gebraai en gekuier.
Volgens Michelle Visser van Lindsay Saker Vereeniging se vlootdepartement stap die motorhandelaar al ‘n lang pad saam met die sanger en is hy “deel van die Volkswagen-familie”.
Refentse saam met Frans Geber, ’n diagnostiese tegnikus, in Lindsay Saker Vereeniging se werkswinkel. Hulle het ’n olievervangiging op ’n Amarok-bakkie gedoen en vonkproppe geruil. Foto: Verskaf
Volgens Visser het die personeel van Lindsay Saker Volkswagen hom op die verkoopsvloer ontmoet toe hy ‘n paar jaar gelede belangstelling getoon het om ‘n voertuig te koop.
Die motorhandelaar borg Refentse se Volkswagen Crafter-toerbus in ruil vir die bemarkingsvoordele wat dit hulle bied.
Die voertuig wat spesiaal ingerig is om Refentse en sy span, sowel as hul klanktoerusting deur die land te vervoer, het die bynaam “Sussara”.
Refentse by sy toerbussie genaamd “Sussara”. Dit is ’n wit Volkswagen Crafter wat spesiaal ingerig is om Refentse en sy orkes, en al hul klanktoerusting, deur die land te karwei. Foto: Verskaf
Volgens Refentse is dit ‘n lang storie maar kom dit basies neer op die feit dat die voertuig soos ‘n wit meisie (‘n verwysing na die voertuig se kleur) is met ‘n swart meisie se agterstewe (‘n verwysing na die handige stoorplek in die agterste gedeelte van die voertuig).
Refentse vertel: “Sussara was al van Tietiesbaai na Cherriesbaai na Twee-Buffels-Met-Een-Skoot-Doodgeklap-fontein en oral in Suid-Afrika. Haar werk is om die lyne van hierdie land deur die pad te volg.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button