NewsNews

Vaalweekblad se puik prestasies by FCJ-prysuitdeling

Vaalweekblad het weer bewys dat die redaksiespan hul uiterste bes doen om hoogstaande kwaliteit aan ons lesers te bied, deur tydens die afgelope 2019 prysuitdeling van die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FCJ) puik prestasies te behaal.

Dié jaarlikse FCJ-toekenningsfunksie vereer jaarliks die top gemeenskapskoerante en joernaliste in Suid-Afrika.
Elsje Vermeulen
Weens die huidige pandemie moes die toekenningsfunksie wat in 2020 moes plaasvind, eers uitgestel en toe aangepas word. Die wenners en finaliste is Vrydag, 26 Februarie tydens ‘n virtuele prysuitdeling vereer.
In die foto-afdeling het staatmakers Ettienne van Rensburg (sportredakteur van Vaalweekblad en redakteur van Ster South) en Elsje Vermeulen (senior redakteur) hul teenwoordigheid laat geld.
Ettienne se sportfoto “Toewyding”, waarmee hy ‘n tweede plek behaal het.
In die Algemene Foto-afdeling was Elsje (4×4 Fun) en Ettienne (Kleurdoop) finaliste.
In die Nuusfoto-afdeling het Ettienne ‘n tweede plek met “Hartverskeurend” behaal.
In die Sportfoto-afdeling het Elsje ‘n derde plek met “Beskerm jou gesig”, behaal, terwyl Ettienne ‘n finalis was met “Pot Shot” én die tweede plek behaal het met “Toewyding”.
Christiaan Cloete
Hul puik prestasies het daartoe bygedra dat hulle ook finaliste in die gesogte Fotograaf van die Jaar-afdeling was, waar Ettienne met die derde plek weggestap het.
In die skryfwerk-afdeling was Christiaan Cloete (joernalis en redakteur van Ster North) ‘n finalis in die Algemene-afdeling én in die Sport-afdeling. Ettienne was ‘n finalis in die Sport-afdeling.
In die afdeling vir Beste Opskrifte was Elsje ‘n finalis.
Sy en Ettienne het ook erkenning gekry vir beste individuele opskrifte (Top 5).
Elsje se opskrif vir dié benoeming was: “Geen water om woede te blus,” en Ettienne se opskrif was: “Goeie gene in Valie se bene.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button