Local newsNewsNews
Nog monsteragtige tamaties…
MEYERTON. - Te oordeel aan al die foto’s van reusagtige tamaties wat lesers die afgelope paar weke ingestuur het, wil dit blyk of die jaar 2021 tot dusver ‘n baie belowende jaar vir tamaties was!
Verlede week het Irene de Waal vir ons ‘n foto gestuur van ‘n tamatie wat die skaal op meer as 1.1 kg laat kreun!

Volgens Irene is dit die grootste van talle tamaties wat hul plant onlangs opgelewer het.
Sy en haar man Gert de Waal plant reeds vir die afgelope 10 jaar tamaties in hul tuin en het onlangs heelwat groot tamaties geoes.
Hulle het oor die jare al heelwat uitermatig groot tamaties geoes.
Volgens Irene is die tamaties baie vleesagtig en kan dit vir ‘n sous gebruik word of net so geëet word.
* Volgens die Guinness World Records is die swaarste tamatie (waarvan kennis gedra word) die tamatie van Dan Sutherland van die Amerikaanse deelstaat Washington wat op 15 Julie 2020 amptelik laat weeg is en die skaal op ‘n indrukwekkende 4.896 kg (dus net so ‘n rapsie onder 5 kg) laat kreun het.
* Lesers kan hul tamatiefoto’s (en ander nuus) na Christiaan.Cloete@media24.com stuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
