Local newsNewsNews

Fotoblad: Pragtige ‘pienk’ Maandag

Die fotograwe gaan help om die tradisionele "blou" Maandag na 'n pragtige "pienk" Maandag te omtower. Geniet die foto's en sterkte vir die week wat voorlê.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel.

Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 38ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 17 Maart. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
John van Schalkwyk van George het die kunstige natuurfoto van ‘n Protea geneem. Dit is die eerste foto wat John op die blad deel. Baie welkom John!
Karin Cronjé van Andorra het die besondere foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Elsje Vermeulen het die foto van die swemmer met haar pienk keps Sondag by Bass Lake in Henley on Klip geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
June Bartlett van George het die pragtige troufoto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Vaaldam geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi pienk blommetjies raakgesien en afgeneem.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die pragtige pienk sonsondergang foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die wit en pienk kosmosse geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige verwerking gedoen. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi pienk juweeltjie tussen al die groen raakgesien en die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi toneel op Riversong-plaas afgeneem.
Bernard het ook die pragtige natuurfoto op Riversong-plaas geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi silhouette foto met sagte kleure in die hemelruim in die Bosveld geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi kosmos foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Gereed om te swem. Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem.
Lucy Czapiga van Vanderbijlpark het die mooi foto in haar tuin geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige natuurfoto met ryk kleure geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto stillewe foto van die tafel en stoelle van bo-af geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Marietjie Collins van Vanderbijlpark het die mooi foto van die hottentotsgot op die pienk en geel roos geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button