NewsNews

Winkelsentrum bedank gesondheidswerkers en personeel

VEREENIGING. - Gesondheidswerkers wat in die voorste linie teen die Covid-19-virussiekte veg, is die onbesonge helde van hierdie moeilike tyd en doen hul bes agter die skerms onder baie moeilike omstandighede.

River Square het onlangs gesondheidswerkers van die Midvaal Privaat Hospitaal bedank vir dit wat hulle vir die gemeenskap doen.
Die winkelsentrum het ‘n geskenkkaart aan personeel van dié hospitaal gegee om sy waardering te toon vir hul harde werk gedurende hierdie moeilike tyd om die gemeenskap gesond te hou.
André Joubert, hospitaalbestuurder, sê in ‘n video-onderhoud, wat binnekort uitgesaai word, dat die druk op personeel van die hospitaal se intensiewe-sorgeenheid en op teaterpersoneel die afgelope jaar ontsettend was te midde van die Covid-19-pandemie en dat dit ook ‘n sielkundige uitwerking op hul personeel gehad het.
Jeané Durand (Midvaal Privaat Hospitaal), Marinda van der Merwe (River Square), Sharne Smit (River Square) en Francis Ellis (Midvaal Privaat Hospitaal).
Hy het ook die gemeenskap, plaaslike ondernemings en veral River Square bedank vir alles wat hulle die afgelope tyd vir die personeel gedoen het.
“Baie mense van die omgewing het vir die personeel koopbewyse gegee en koeldrank en energiedrankies uitgedeel. “Dit het alles gehelp om die personeel positief te hou,” vertel hy.
“Ek is baie dankbaar vir die personeel. Hulle was ongelooflik. Ons is ontsettend dankbaar. En ons is ook dankbaar vir die mense in ons omgewing wat gehelp het,” het Joubert tydens die video- onderhoud gesê.
River Square se sekuriteitspersoneel is ook met geskenkpakke bederf.
Die Covid-19-pandemie het almal hard getref en River Square het ook van die geleentheid gebruik gemaak om hul eie skoonmaak- en sekuriteitspan met ‘n voedsel-geskenkpak te bederf.
Die skoonmakers doen hul bes om die winkelsentrum skoon en higiënies te hou en die wagte is buiten hul sekuriteitsrol ook daar om toe te sien dat besoekers met aankoms hul hande reinig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button