NewsNews

Oproer in Oranjeville oor water

ORANJEVILLE. – Sowat 200 mense het Maandag, 15 Maart, die dorp se ingange geblokkeer en die dorp ingevaar.

Daar is ook motorbande in die strate gebrand. Volgens inwoners en sake-eienaars in die dorp, wat verkies om anoniem te bly, het die groep van Metsimaholo af na die dorp opgeruk.


Van hulle was glo met pangas gewapen en daar is van die besighede se naamborde van die mure afgeruk.

Daarna is die groep terug na Metsimaholo waar die protesaksie deur die nag voortgesit is.
‘n Inwoner sê hulle kon gister hoor hoe skiet die polisie rubberkoeëls in ‘n poging om die skare uitmekaar te dryf.

Na die protesaksie het van die plaaslike boere en inwoners spontaan begin om die gemors op te ruimFoto: Verskaf

Die protesaksie is weens die vuil watertoevoer in die dorp. Oranjeville en Metsimaholo het al ‘n geruime tyd waterprobleme. Inwoners sê die dorp se waterdruk is uitermatig swak en hulle is deur die dag kort-kort sonder water. Is daar wel water, is dit bruin en ondrinkbaar. Van die inwoners ry weekliks Vanderbijlpark toe om drinkwater aan te koop.

Almal is dit eens dat hulle net verskonings, maar geen oplossings ontvang nie. “Dis so ironies, daar lê die Vaaldam vol water, maar ons het geen water nie,” het ‘n inwoner moedeloos gesê.

Die protesoptogte het op 16 Maart voortgeduur. Die polisie het in ‘n kort verklaring die protesaksie bevestig en gesê dat die Sasolburg se Openbare Orde Polisie-eenheid daarheen ontplooi is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button