NewsNews

‘Motorkapers’ stamp glo voertuig van brug af

“Hulle het van die Barragepad se kant af gekom. Daar was twee voertuie. Die een was ‘n sportnutsvoertuig (SUV) en die ander een ‘n ou wit BMW.“

VANDERBIJLPARK, – ‘n Man van Sasolburg wil motoriste waarsku ná ‘n gru-ervaring waar vermeende motorkapers hom glo verlede week op die R57 tussen Sasolburg en Vanderbijlpark agternagesit en sy voertuig van die brug oor die Vaalrivier van die pad af in die rivier gestamp het.
Frankie Mohete vertel dat ‘n boom gelukkig die val gebreek het en sodoende verhoed het dat sy voertuig heeltemal in die rivier sink. Hy het na die oewer geswem en vir hulp gaan soek.
Volgens Frankie het die jaagtog by die verkeerslig by Vaal Mall begin.
Hy vertel: “Hulle het van die Barragepad se kant af gekom. Daar was twee voertuie. Die een was ‘n sportnutsvoertuig (SUV) en die ander een ‘n ou wit BMW.“
Aanvanklik het ek gedink hulle wil resies jaag, maar toe stamp die sportnutsvoertuig my van agter af. Die voertuig se ligte was aan. Die BMW het probeer om my van voor af af te sny.
Was dit nie vir die wilgerboom wat sy val gekeer het nie, het Moht Frank se voertuig tot by die bodem van die Vaalrivier afgesak.Foto: Verskaf
“Ek het versigtig weggery om te ontsnap, maar hulle het my tot by die brug oor die Vaalrivier gevolg, waar albei voertuie my gelyktydig gestamp het.
“Die een voertuig het my van agter af gestamp en die ander een van die kant af. Hulle het my voertuig van die brug af gestamp en my voertuig het teen ‘n hoë spoed na benede geval. ‘n Boom het gelukkig die val gebreek,” sê hy.
Frankie vertel dat sy voertuig se lugsak ontplooi het en dat hy genadiglik ‘n sitplekgordel gedra het. Hy is na die Fezi Nkubentombi-hospitaal in Sasolburg geneem vir behandeling. “Ek glo dat God my gehelp het.
Daar is geen ander manier hoe ek so ‘n ongeluk sou kon oorleef nie.” Volgens Frankie was daar twee wit mans in die BMW. Hy sê hy het nie die kans gekry om deeglik na hul gesigte te kyk nie. Hy het in die warboel ook nie tyd gehad om die registrasienommers neer te skryf nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button