Local newsNewsNews

Fotokuns in skakerings van oranje en rooi

Vaalweekblad deel met trots vandag se fotokuns in skakerings van oranje en rooi. Die blad verwelkom ook vir Ria Roux van Vanderbijlpark en Graham Clouston van Vereeniging wat hul debuut op die blad maak.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 41ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 7 April. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto in Margate geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die oulike foto van haar kat Sugar geneem.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige sonopkoms foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto op Riversong-plaas geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Elfriede Human van Parys het die mooi foto geneem.
George Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Witpenssuikerbekkie geneem.
Graham Clouston van Vereeniging het die mooi sonopkoms foto by die Palms-aftreeoord in Drie Riviere geneem. Dit is die eerste foto wat hy op die blad deel.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto van ‘n Kuifkopvisvanger geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die treffende foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
John van Schalkwyk van George het die mooi makro foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die kunstige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
“Glossy starling” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Liezel Senekal van Vereeniging het die pragtige foto in Deneyseville geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.
Lizette Khun van Sasolburg het die mooi foto geneem.
June Bartlett van George het die pragtige foto geneem. June doen spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Ria Roux van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button