
Ronel Koekemoer van Vanderbijlpark skryf:
Ek wil asseblief vra vir gebed. My gestremde seun het ‘n hartaanval gehad. Hy was in Baragwanath-hospitaal. Daar het hulle hom vasgemaak aan sy bed – kaal met net ‘n doek aan en ‘n kombers oor hom omdat hulle hom nie verstaan nie en hy ook nie vir hulle nie.
Hulle wou nie toelaat dat een van ons by hom bly om met hulle te kommunikeer nie. Sy boetie het elke dag met ‘n nie-blanke taxi gery om hom te gaan sien. Ek kon hom nie eers sien in daardie tyd nie en besoektyd was net 15 minute.
Hulle wou vir hom ‘n stent insit maar omdat hulle hom nie verstaan en hy hulle nie, en sy boetie nie betyds daar kon wees om hom kalm te hou nie, het hulle dit toe gelos en hom na 11 dae huis toe gestuur, net met medikasie.
Hy moes weer op 8 April teruggaan vir ‘n ondersoek en toetse maar ek het nie fondse gehad om hom te vat nie. Ek het hom gister gevat maar toe weier hulle om hom te help. Hulle het toe vir my ‘n afspraak gemaak vir Donderdag.
Asseblief, bid saam vir genesing want hy het nog pyn en is baie bang om hospitaal toe te gaan. En dan ook vir fondse om hom Donderdag weer te kan vat. Ek is raadop. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek kan nie dat hy weer die afspraak mis nie. Hy moet sy medikasie ook kry. Ek weet by die Here is niks onmoontlik nie. Baie dankie. Ek is in Vanderbijlpark. Mense kan my kontak by 067 033 7030.

