Local newsNewsNews

Vaal se Gerda verkies tot een van onderleiers van Gauteng VF Plus

VANDERBIJLPARK. - Hier in die Vaal, veral Vanderbijlpark, weet die inwoners wie om te kontak as daar groot fout met die Emfuleni Plaaslik Munisipaliteit ervaar word - Rdl. Gerda Senenekal van die VF Plus.

Sy is die ware ystervrou van die Vaal. Haar welslae in die Vaal het beslis nie ongesiens verby gegaan nie. Nou het sy ook wyer geskiedenis gemaak deur die afgelope naweek een van twee vroue te word wat as onderleiers vir dié provinsie aangewys is tydens ‘n reorganisasie-vergadering in Pretoria.

Amanda de Lange, VF Plus-lid in die Gautengse wetgewer en Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, is die nuutverkose onderleiers. Jaco Mulder is met ‘n volstrekte meerderheid herkies as leier van die VF Plus in Gauteng.

Mulder is tans ‘n VF Plus-parlementslid en dien op die parlementêre portefeuljekomitee vir handel en nywerheid. Hy was vanaf 2004 tot 2014 die VF Plus se verteenwoordig in die Gautengse wetgewer.  Mulder het in sy aanvaardingstoespraak die twee onderleiers in die topstruktuur van die party in Gauteng verwelkom.

Gerda het haar politieke loopbaan in 2001 begin en het in 2015 by die VF Plus aangesluit. Sy is in 2016 as VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit verkies. Sy dien ook op die party se Gautengse dagbestuur en is lid van die nasionale federale raad.

Amanda is VF Plus-sweep in die Gauteng-wetgewer en dien op verskeie wetgewer-komitees. Sy verteenwoordig ook vroue in die Gauteng-wetgewer se veelparty vroue-koukuskomitee. Amanda dien op die dagbestuur van die VF Plus in Gauteng, sy is die nasionale voorsitter van die VF Plus se plaaslike regeringskomitee en is lid van die party se federale dagbestuur en federale raad.

Die party se dagbestuur in Gauteng is:

Voorsitter: Jaco Mulder; Onder-Voorsitter: Amanda De Lange; Onder-Voorsitter: Gerda Senekal Dagbestuur: Anton Alberts, Kobus Hoffman, Awie Erasmus, Jennifer Glover, Tjaart Steenkamp, Franco de Lange, Qume Erasmus, Hein Van Der Lith, Ben Erasmus, Monique Hattingh, Morné Erasmus en Jéan Kriek.

* Die VF Plus is een van die grootste partye in Gauteng en bestempel homself as die enigste party wat vir die regte van minderhede veg.

VF Plus Gauteng se nuutverkose Dagbestuur.
Amanda de Lange, VF Plus-lid in die Gautengse wetgewer (links) en Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, is die nuutverkose onderleiers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button