Local newsNewsNews

Spesiale versoring vir gevlerkte vriende

Die Leeuws van Potchefstroom is bekend as die groter Sedibeng en Potchefstroom areas se papegaai "groomers".

Papegaaie en ander voëls wat as troeteldiere aangehou word, moet (en verdien ook) om so ‘n bietjie TLC te kry soos wat die Engelssprekendes sê. Almal weet dis al erg genoeg om ‘n hond te kry om stil te sit vir ‘n versorgingssessie, en min mense waag dit om ‘n kat te bad, maar hoe gemaak met ‘n papegaai?

Kenners is dit eens dat mense nie self ‘n papegaai moet probeer vasdruk en  sy  vlerke knip of snawel vyl nie. Gelukkig is daar opgeleide spesialiste wat jou papegaai by jou eie huis sal kom versorg. Hulle knip die vlerke en vyl die voël se toonaels en snawel.

Jacques Leeuw saam met Popeye

Chantell en Jacques Leeuw van Potchefstroom ry weekliks op ver paaie om al hul papegaai en ander gevlerkte vriende te besoek. Die twee weet net hoe om vir Pollie mooi in ‘n handdoek vas te hou en presies op die regte manier te werk te gaan om die voël en hulself besering vry te hou.

Die Leeuws bedien tans 12 dorpe, wat die hele Vaaldriehoek insluit. Chantell sê hulle help met enige gevlerkte troeteldier, van die kleinste budgie tot by die grootse macaw.

Sy en Jacques is albei baie lief vir voëls. Onder hul troeteldiere is daar Mickey die Ringnek wat blykbaar die huis regeer, Silverton die budgie, Silvestor die kokketiel en Popeye die African Grey papegaai wat al 18 jaar oud is.

Chantell en Mickey

Chantell sê hulle het verlede jaar gevoel dit was tyd om ‘n verandering te maak en iets anders te begin doen. Na baie gebed het sy met Ilse Meyer, die eienaar van Laat Waai Papegaai kontak gemaak en opleiding ontvang.

Hul besigheid het sommer gou vlerke gekry en nou se dae ry hulle van Rustenburg tot in Deneysville om papegaaie te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button