Local newsNewsNews
Motorsport-aksie is terug in V-town
VEREENIGING. - Na meer as 'n jaar was daar weer op 10 April die gebrul van renmotors en die opwinding wat daarmee saamgaan by die Ultimate Outlaws Raceway by die Vaal Skougronde.
Covid-19 het verlede jaar veroorsaak dat bykans alle sport tot ‘n stilstand gekom het en die renbaanhekke moes dus vir toeskouers gesluit bly.
Die nuwe regulasies het dit nou moontlik gemaak dat toeskouers (maksimum van 500) weer motorsport-aksie kan geniet.
“Al het die pandemie nog steeds ‘n impak op ons daaglikse lewens en op sport, was dit lekker om weer toeskouers by die baan te sien,” sê Frieda Stols (organiseerder).
“Dit was ‘n goeie begin. Die baan is in ‘n goeie kondisie en die renjaers was in goeie gees. Hulle sal sommer gou weer hul vorm vind en hul motors in top-vertoning kondisie kry,” sê Frieda.
Die volgende byeenkoms is op 1 Mei.








At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
