Local newsNewsNews

ERT Fliekklub skop af met aangrypende drama

Die ERT se Fliekklub se eerste film vertoning het goed afgeloop en die lede sien uit na volgende maand se byeenkoms.

SASOLBURG. – Die ERT Fliekklub se eerste byeenkoms het op Saterdag, 17 April 2021 plaasgevind met ‘n vertoning van Never Cry Wolf (1983). Hierdie aangrypende rolprent is gebaseer op die autobiografiese boek met dieselfde naam deur Farley Mowat.

Dit het almal van begin tot einde meegesleur na die onherbergsame, sneeubedekte noorde van Kanada waar die jong bioloog vir ses maande wolwe se gedrag moes bestudeer.

Die eerste lede van die ERT Fliekklub wag vir die vertoning om te begin. Foto: Verskaf

Soos een vrou na die vertoning opgemerk het: “Ek het self koud gekry toe ek al daardie sneeu sien.”

Die Etienne Rosseau Teater (ERT) se klank en ontwerp is van so aard dat dit uitstekend werk as ‘n filmteater. Herman van Niekerk het voor die vertoning almal welkom geheet by die stigting van dié fliek klub suid van die Vaalrivier.

Almal wat kaartjies vir die eerste vertoning gekoop het, is nou outomaties lede van die nuwe klub en sal voortaan afslag kry op film en ander vertonings.

Herman het gesê dat die ERT se webtuiste eersdaags al die inligting met betrekking tot die fliekklub sal bevat en dat besprekings ook deur die webtuiste sal geskied. Intussen kan mense net die ERT se facebook blad dophou vir inligting rakende toekomstige film vertonings.

Daar word beplan dat die fliek klub een maal ‘n maand ‘n vertoning sal hê van uitsonderlike films wat uitstaan in hul besonderse genre oor alle tydgrense heen.

Alle vertonings sal in die middag plaasvind. Die 2009 film, Nine, met onder andere, Daniel Day-Lewis,  Penélope Cruz, Fergie, Kate Hudson, Nicole Kidman en Sophia Loren, sal in Mei vertoon word. Let daarop dat hierdie film ‘n ouderdomsbeperking van 16 het.

Die film wat in Mei vertoon gaan word, met onder andere, Daniel Day-Lewis in die hoofrol.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button