Local newsNewsNews

Dink net hoe kleurvol sou die Vaal gewees het

Die Vaal se dorpe lyk letterlik Vaal - veral die strate en sypaadjies lyk gehawend om die minste te sê! En toe sien ek dié oulike idee van 'n oorsese kunstenaar!

In Lyon (‘n stad in Frankryk) is daar ‘n kunstenaar met die naam Emem wat die gebreekte sypaadjies met mosaïek vul. Hy noem dit “the art of flacking” en die werk wat hy met die klein gekleurde teëltjies vermag is asemrowened. Hy word nie verniet as ‘n ′′pavement surgeon” bestempel nie. Hy dokter reeds die stad strate sedert 2016.

Maar nou ja, kom ons wees realisties – hier in die Vaal sal dit nou nie juis werk nie. Daar is nie genoeg gekleurde teëltjies om die reuse taak te vermag nie. Boonop is die kanse goed dat die mosaïek-teëltjies vinniger gesteel sal word as wat dit ingesit word.

Maar as dit kon werk – dink net hoe kleurvol sou die Vaal dan gewees het!

Kleurvolle mosaïek-strate danksy “the pavement surgeon” in Lyon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button