News

Hoofsweep Rapport Nr 17: Midvaal spog met SEWENDE skoon oudit!

Kom lewer voor 15 Mei kommentaar oor Midvaal se voorgestelde begroting

 

Raadsheer Phil C. Pretorius – DA Hoofsweep, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit skryf:

Dit is sopas bekendgemaak dat Midvaal sy sewende skoon oudit ontvang het. Meer hieroor in volgende week se Hoofsweep Rapport.

Die Covid-19 pandemie word deesdae as verskoning vir alles gebruik maar in die geval van munisipale inkomste, begroting en besteding daarvan was dit nodig om redelike aanpassings te maak. Midvaal het steeds hierdie uitdaging aanvaar en op ʼn deursigtige wyse te werk gegaan met die belastingbetalers se geld.

Om Midvaal-inwoners te help is ʼn afslag ingestel op belasting gedurende die grendelstaat. ʼn Addisionele R70 000 afslag op die waardasie van die eiendom is ingestel vanaf 1 Julie 2020 tot 1 Februarie 2021, wat tydelike verligting gebring het op erfbelasting gedurende dié periode.

Dit is ongelukkig nie volhoubaar nie en was bloot ʼn vergunning wat die DA-beheerde Midvaal gedurende die moeilike maande aan inwoners wat moontlik nie ʼn volledige inkomste kon genereer nie, gemaak het. Dit is nie die geval dat Midvaal ʼn jarelange afslag aan pensionarisse gekanselleer het vir geen rede, soos in die media deur opposisiepartye beweer is nie.

Die afslag was vir alle residensiële inwoners van Midvaal en is herroep vir alle inwoners van Midvaal nadat die grendelstaatvlak 4 en 5 opgehef is. Gedurende vlak 5 het Midvaal ook alle oorhandigings van agterstallige rekeninge opgehef om inwoners kans te gee om hul rekeninge te betaal. Kommunikasie is uitgestuur dat inwoners asseblief moet volhou met gemiddelde betalings van vorige maande – waar moontlik.

Midvaal het ook aangekondig dat geen krag- en waterverminderings (cut-offs) sal plaasvind in hierdie periode vir huishoudings wat met die munisipaliteit afbetaalreëlings getref het nie. Toe meterlesings hervat is, is rekeninge op datum gebring en inwoners versoek om te vereffen.

Midvaal het begin om die sakekern gereeld te saniteer en sanitasie vind steeds gereeld plaas. Waar die regering se kospakkies nie by sekere inwoners en wyke uitgekom het nie, het Midvaal ingespring en gehelp met voedingskemas direk aan raadslede wat die mantel opgeneem en bestuur het. Midvaal en Midvaal-raadslede was ook instrumenteel in die reël van addisionele skenkings vir kos, klere en persoonlike sanitasieprodukte in oorleg met die gemeenskapspolisieforums, buurtwagte, kerke, HelpLift, besighede soos Pick ’n Pay en privaatskenkers.

Na beraming is ongeveer 8 000 kospakkies so deur raadslede gereël en uitgedeel in die laaste 12 maande. Die Joint Operations Center (JOC) is gestig om die virus en verbandhoudende probleme te bestuur. Wyksgebaseerde “oorlogkomitees” (Ward Based War Rooms) is gestig waar direkte terugvoer na van die publiek kon plaasvind deur onder andere mediese dokters, skoolhoofde, gemeenskapspolisieforums en kerke.

Die Midvaal News Network is in die lewe geroep om relevante inligting makliker en direk aan die publiek te verskaf en bereik tot 80 000 gebruikers per maand.

Neem asseblief kennis dat die huidige voorgestelde begroting vir 2021/2022 oop is vir kommentaar by alle munisipale biblioteke, Midvaal kantore, Midvaal webblad www.midvaal.gov.za en op die MyMidvaal toepassing onder die INBOX. T

erugvoer kan gegee word aanlyn, per epos by budget@midvaal.gov.za, of geskrewe by die Speaker se kantoor teen 15de Mei 2021.

Trotse Midvaal Groete.

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App    

Raadsheer Phil C. Pretorius van die Midvaal Plaaslike Raad.

*********************************************************************************************************    

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button