Local newsNewsNews
Ou voertuie en familiepret ten bate van boere
VANDERBIJLPARK. - Staan Saam Sasolburg/Vaalpark reël ’n "Diesel Dag" vir Boeredroogte Hulp (SA NPC) op Saterdag, 24 April by Rafterz net buite Vanderbijlpark.
Die projek sal tussen 07:00 en 14:00 plaasvind. Daar gaan ook baie wees om te sien en doen! Kom besigtig gerus die ou voertuie en motorfietse op skou terwyl jy jou motor laat was.
Daar sal ook heerlike worsbroodjies en ander lekkernye by die stalletjies te koop wees. So “treat” jou vriend met ‘n yskoue bier, of bederf jou gesin met ‘n ete by die “roadhouse” – maar wees deel van die dag ten bate van boere in nood.
Die Boeredroogte Hulp SA NPC span gaan dieselkannetjies daar hê vir die wat die projek kan ondersteun. Die diesel is vir die vragmotors wat voer na die Noord-Kaap gaan aanry. Die boere in daardie gebied gaan gebuk onder droogte en enige hulp sal hoog op prys gestel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.