Local newsNewsNews

Heidelberg spog met Foto en Film Museum

'n Plaaslike sakeman en fotograaf van Heidelberg het sy deel gedoen vir die bewaring van die geskiedenis van fotografie en film vir komende geslagte.

“Fotografie bestaan ​​al baie lank en het die afgelope honderd jaar baie verander. Ons lewe nou in ‘n digitale era waar ‘n hele generasie wat ná die negentigerjare gebore is, min of geen kennis van tradisionele fotografie het nie,” sê Jacques le Roux (eienaar van die museum).

Hy het reeds ‘n geruime tyd gelede begin werk en beplan om die Foto & Film Museum te laat realiseer. Die museum se deur is nou oop en reg vir besoekers. Van die eerste kameras wat vir fotografie en film gebruik is kan daar besigtig word.

“Privaat-versamelaars van foto- en filmkameras en bykomstighede het dikwels nie die tyd of plek om hul “skatte” met ander belangstellendes te deel nie. Te  danke aan mense van regoor Suid-Afrika wat hul ou toerusting mildelik geskenk het, kan die Foto & Film Museum hierdie geskiedenis deel,” sê Jacques.

 

Hy nooi alle belangstellendes, asook skoolgroepe om die museum te besoek.

Die museum gaan oom binnekort spog met ‘n volledig funksionele Donker Kamer waar fotograwe wat nog belangstel in filmfotografie, hul film kan ontwikkel.

Indien daar mense is wat die museum in die skenking van enige vorm van ou kamera- / filmtoerusting of enige fotografie-verwante items (voor 1960’s) wil ondersteun, sal dit hoog op prys gestel word.

Kontak Jacques by 083 679 7048, stuur ‘n e-pos na hpfmuseum@omegaphotography.co.za of besoek die Museum se Facebook-blad by https://www.facebook.com/PhotoFilmMuseum as u enige toerusting of enige fotografieverwante items wil skenk, of ‘n afspraak vir ‘n groep wil maak om die museum te besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button