Local newsNewsNews

Deneysville hou weer fees!

Al gewonder wat jy Saterdag, 1 Mei gaan doen? Klink of daar 'n groot plesierigheid in Deneysville gaan wees ...

DENEYSVILLE. – Covid-19 het verlede jaar die jaarlikse basaar van die NG Kerk Deneysville in die wiele gery, maar vanjaar word daar weer ‘n groot fees vir Saterdag, 1 Mei beplan. Almal is welkom om te kom deel in die pret by die basaar.

Die kerk is in Mainstraat 28. Kom gerus honger, want daar sal baie eetgoed wees. Van boepensbroodjies tot by die meer tradisionele kerrie en rys, worsbroodjies en vetkoek met maalvleis.

‘n Basaar is nie ‘n basaar sonder ‘n lekkergoedtafel nie. Foto: NG Deneysville, Facebook

‘n Basaar is nie ‘n basaar sonder nagereg, lekkergoed en natuurlik, pannekoek nie. Die gemeente se lidmate is ook bekend vir die lekker terte en koeke wat hulle bak. Daarom kan nie een van die tafels misgeloop word nie.

Daar sal ook ‘n slaghuis wees en ‘n speletjieshoek vir die kinders. Buks Havenga het laat weet alle Covid-19 maatreëls sal streng nagekom word. Onthou dus jou masker!

Die basaar beloof om ‘n groot lekkerte te wees. Kom kuier gerus by die dorpie langs die Vaaldam van 08:00 tot 13:00. Dit sal vir jou soos pure vakansie voel.

Vir meer besonderhede skakel Ria Rautenbach by 016 371 1405 of Carlie Schiel by 016 371 1409, of gaan na: https://www.ngden.co.za/basaar/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button