Local newsNewsNews

Moedersdag vertoning en meer by ERT in Mei

Corlea tree op by die ERT in Sasolburg op Moedersdag, 9 Mei, 2021. Bederf die vroue in jou lewe deur hul na hierdie spesiale vertoning te neem.

SASOLBURG. – Daar wag ‘n opwindende Mei maand by die Etienne Rousseau Teater (ERT). Sondag, 9 Mei kan ma’s en ouma’s bederf word deur hul na ‘n vertoning van Corlea te neem. Corlea in Concert vind om 15:00 op Moedersdag plaas en daar sal ook spesiale lekkerny-pakkies te koop aangebied word.

Die ERT Fliek Klub hou hul tweede byeenkoms op Saterdag, 15 Mei om 14:00. Hierdie keer sal die musikale drama, Nine (2009) vertoon word. Daniel Day-Lewis,  Penélope Cruz, Fergie, Kate Hudson, Nicole Kidman en Sophia Loren is maar van die groot name wat in die film gesien kan word.

Die ERT Fliekklub kom weer op 15 Mei bymekaar.

Op ‘n ligter trant kom kuier Dowwe Dolla vir oulaas by die ERT op Donderdag, 27 Mei om 19:00. Die vertoning, Dowwe Dolla: Nou of Nooit met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall op klavier, beloof om weer allerlei waarhede op komiese wyse oor te dra.

Margit Meyer-Rödenbeck kan vir oulaas as Dowwe Dolla gesien word op 27 Mei.

Soos wat sy self sê: “Die grendels begin afval, MAAR die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis, Eskom se volgende reddingspakket is n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop hyena-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir n lang kuier, …wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!”

Bespreek by WhatsApp nommer 063 217 5147 of e-pos na herman@ertsasolburg.co.za. Onthou om jou naam, van, e-pos adress, selfoonnommer en die hoeveelheid kaartjies wat benodig word saam met die vertoning se naam in die boodskap te noem.

Betalings geskied deur elektroniese oorbetaling met jou naam as verwysing. Die bewys van betaling moet dan per WhatsApp of e-pos gestuur word. Kaartjies kan 30 min voor die aanvang van ‘n vertoning afgehaal word.

Onthou sitplekke is beperk weens Covid-19 regulasies. Maskers moet ten alle tye gedra word. Meer besonderhede by @ERTSasolburg op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button