Local newsNewsNews

Wye verskeidenheid foto’s op Vryheidsdag

Vandag spog Vaalweekblad op Vryheidsdag met 'n wye verskeidenheid foto's wat deur die talentvolle fotograwe ingestuur is.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 44ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (28 April). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Jan Putter van Vaalpark het die pragtige foto van die verliefde paartjie Rooikopvinkies geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige landskap foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
John van Schalkwyk van George het die kunstige monochroom foto geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, het die kunstige monochroom foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra (waar dit nou lente is) het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
“Redding” – Lynette Pretorius van Vanderbijlpark het die treffende foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto van haar hondekind Riley geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi monochroom foto geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi foto in die Kangogrotte in Oudtshoorn geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige monochroom foto in Desaru geneem.
Anke van der Schyff (Kikilove Photography) van Vanderbijlpark het die skattige foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskap foto op Riversong-plaas geneem.
Carla Pretorius (oud-Valie en voormalige joernalis van Vaalweekblad) wat nou in Kanada woon het die mooi foto in Vancouver geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Elfriede Human van Parys het die mooi foto geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
George Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Kaapse suikervoël in die Helderberg Natuurreservaat geneem.
Ina Herselman van Sasolburg het die mooi foto by die EcoPark in Vaalpark geneem.
Irene Cloete van Parys het die foto van ‘n roos met ‘n klein spinnekop daarop geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button