Local newsNewsNews

Gee maksimum straf vir kabeldiewe en medepligtige skroothandelaars

Die VF Plus in Gauteng vra die maksimum strafoplegging vir kabeldiefstal, veral aan skroothandelaars wat hulle aan medepligtigheid van dié misdryf skuldig maak.

Mediaverklaring uitgereik deur: Kobus Hoffman (VF Plus-LPW: Gauteng)

Sedert die wysiging in die Strafproseswet in 2015 om sekere optrede as statutêre misdaad te verklaar, is kabeldiefstal baie meer verreikend as net gemeenregtelike diefstal.

Persone wat skuldig bevind word aan kabeldiefstal, kan ʼn vonnis van minimum 30 jaar opgelê word.

Skroothandelaars en handelaars in tweedehandse goedere kan aangekla word van die besit van gesteelde infrastruktuur. ʼn Boete van minstens R100 miljoen kan opgelê word.

Die enigste manier om hierdie tipe misdaad te stop, is deur maksimum vonnisse aan skuldiges op te lê om so ʼn boodskap te stuur dat dié tipe misdaad nie geduld sal word nie.

Die VF Plus het die afgelope dae verskeie gebiede in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) besoek waar kabeldiefstal voorgekom het.

Gebiede wat deur die 30km lange kabeldiefstal geraak word, is die Rietspruit-watersuiweringsaanleg in Vanderbijlpark, Bonane, Muvhango-Uitbreiding 16, Stephanopark en Lusisrus. Sedert die diefstal word uitgebreide kragonderbrekings en watertekorte ondervind.

ʼn Kabel van 6km is vanaf Muvhango tot by die watersuiweringaanleg opgegrawe en gesteel wat veroorsaak dat nie genoeg afvalwater ingelaat en behandel kan word nie. Die onbehandelde water stroom nou in die Rietspruit wat ‘n wesenlike gevaar vir inwoners in die omgewing inhou.

Kabeldiefstal plaas die reeds sukkelende Emfuleni-munisipaliteit onder groter finansiële druk en inwoners is gereeld sonder elektrisiteit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button