Local newsNewsNews

Kyk so ‘n super maan!

Die supermaan was super groot en baie helder.

Groot en blink het die maan oor die Africa Silks Farm buite Graskop in Mpumalanga kop uitgesteek. Die eerste supermaan vir 2021 het op 27 April sy verskyning op die horison gemaak.

Die volmaan in April is in die VSA bekend as die pienk maan, omdat dit op die Farmer’s Almanac saamval met lentetyd wanneer ‘n pienk inheemse blom baie in die oostelike gedeelte van Noord Amerika gesien kan word.

Volgens NASA is dit bekend as a super maan omdat  die maan op sy naaste punt aan die aarde verbygaan, gemiddeld ongeveer 363 300 km vanaf die aarde.

Die volmaan vertoon dan groter en blinker as gewoonlik. Wanneer die maan op sy verste punt om die aarde wentel, is dit gemiddeld ongeveer 405 500 km vanaf die aarde.

In 2021 is daar twee super maane. Die volgende een is in Mei, maar April se volmaan was die grootste vir die jaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button