Local newsNewsNews

Solidariteit en AfriForum stuit toerisme-rassefonds in hof

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het ʼn interdik aan Solidariteit en AfriForum toegestaan wat die uitbetaling van enige gelde vanuit die Departement van Toerisme se ekwiteitsfonds belet. 

Die twee organisasies het hulle op ʼn dringende basis tot die hof gewend nadat die minister van Toerisme aangekondig het dat die departement se fonds vir die herstel van die toerismesektor slegs toeganklik is vir mense wat  vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kwalifiseer.

Die ekwiteitsfonds is deel van president Ramaphosa se Economic Reconstruction and Recovery Plan (ERRP) wat in Oktober 2020 aangekondig is.

“Solidariteit verwelkom die feit dat die Departement van Toerisme se rassefonds gestuit is. Die regering verkeer onder ʼn wanindruk dat ras alles troef en bo die wet verhewe is. Om ras as kriterium te gebruik om ʼn sektor te hervorm wat as gevolg van ʼn pandemie op sy knieë gedwing is, is moreel onregverdigbaar. Die pandemie diskrimineer teen niemand op grond van ras nie, maar tog word hierdie ramp deur die regering uitgebuit en word slegs SEB-sakeondernemings van fondse voorsien ten koste van gevestigde ondernemings van wit eienaars wat genoop word om hul deure te sluit,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Hierdie uitspraak is ʼn groot oorwinning teen die ANC-regering se institusionele rassisme teen minderhede. Die rassistiese Toerismefonds bewys hoe ernstig die regering se rasse-ideologie-infeksie is, en die enigste immuunstelsel wat die regering se immorele rassediskriminasie kan beveg, is vreeslose burgerregte-waghonde soos AfriForum en Solidariteit,”  sê Jacques Broodryk, veldtogtebestuurder by AfrForum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button