Local newsNewsNews

‘n Roos én ‘n melktert na Manie Jackson vernoem

VANDERBIJLPARK. - Die Vaal se geliefde sanger Manie Jackson (maar ons deel hom met graagte met die res van Suid-Afrika) spog reeds met 'n roos wat na hom vernoem is, en nou gaan daar ook amptelik 'n melktert na hom vernoem word.

 
Ludwig Rose was die voorloper en die amptlike aankondiging en oorhandiging van die Manie Jackson Roos vind in Oktober plaas.
 
Maar daar is ook nou ‘n Manie Jackson Melktert (en soos hy self sê: nee dit is nie een van sy girls van jare terug nie).
 
Vrydag, 30 April om 11:00, oorhandig Treats and All in Rossini-boulevard, Vanderbijlpark amptelik die tert aan Manie.
 
Manie nooi sy aanhangers om te kom inloer en hallo te kom sê. IFM 102.2 se buite-uitsending sal daar wees en daar sal ook worsbroodjies te koop wees.
 
Manie Jackson spog met ‘n roos én ‘n melktert wat na hom vernoem is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button