Local newsNewsNews

Who Dares Lives Skrywer Vrydagaand by Nagmark

Ontmoet en gesels met een van die Vaal se plaaslike skrywers, Lenord E. Le Hanie die naweek van 7 en 8 Mei by die Rotary Klub van Vanderbijlpark se boekwinkel by Sylviavale Heritage Village.

VANDERBIJLPARK. – Plaaslike skrywer, Lenord E. Le Hanie, sal Vrydag, 7 Mei by die Rotary Klub van Vanderbijlpark se boekwinkel beskikbaar wees om sy nuwe boek, Who Dares Lives, te onderteken.

Hy sal ook tussen 17:00 en 18:00 oor sy boek gesels. Die boek sal Vrydag en Saterdag daar te koop wees. Die Rotariërs se boekwinkel is deel van die Sylviavale Heritage Village by 14 Vaal Drive in Vanderbijlpark.

Who Dares Lives se buiteblad.

Die boek se titel, Who Dares Lives, omskryf Lenord se lewensfilosofie. Die eerste gedeelte van die boek is outobiografies van aard en vertel hoe ‘n arm 11-jarige deur bloed en sweet ontwikkel het tot ‘n man.

Die tweede gedeelte fokus op selfverdediging en oorlewing in die natuur en in die stedelike oerwoud. Lenord het jare se ondervinding as persoonlike lyfwag, selfverdedigingsafrigter en hy is ook ‘n 7de Dan Taekwondo Meester.

Die Rotary Klub van Vanderbijlpark het laat weet dat hulle die naweek van 7 en 8 Mei heelwat boeke teen spesiale pryse sal hê. Die eerste 20 persone wat meer as R200 by die boekwinkel spandeer, sal ‘n geskenkbewys ontvang. Daar sal ook Saterdag boereworsrolle net buite die boekwinkel verkoop word. Die boekwinkel sal Vrydagaand van 16:00 – 20:00 oop wees en Saterdag tussen 09:00 – 17:00.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button