Local newsNewsNews

Die Pioneer House se goed voel projekte

Daar is altyd iets aan die gebeur by die Pioneer House in Vanderbijlpark.

VANDERBIJLPARK. – Tannie Babs Laing en Tannie Bessie Victor is albei al oor die 85 jaar oud. Die dames is van die oudste aktiewe lede van die breiklub in die Pioneer House. Tannie Babs maak seker almal het genoeg wol om beertjies, truie, serpe en mussies te brei en te hekel vir Rotary. Die Rotary Klub van Vanderbijlpark voorsien gereeld die breiklub van wol en dan gaan deel die Rotariërs die voltooide meesterstukke na behoefte uit.

Babs Laing is die breispan se leier by die Pioneer House Foto: Verskaf

Sonja van Rhyn wat onlangs as senior klerk/ontvangsdame by die Pioneer House begin werk het, sê die breinaalde en hekelpenne klik gewoonlik gesellig saam in die oggende. “Daar is nou al 15 dames wat saam brei vir ‘n goeie doel.”

Bessie Victor is ‘n voorslag met die breinaalde saam met Babs Laing. Foto: Verskaf

Sonja hoop om eersdaags ook met kunsklasse by die Pioneer House te begin. “Ons probeer om dit regtig lekker en gemakliker vir die inwoners te maak. Daarom het ons onder andere ‘n biblioteek en die Dit en Dat winkeltjie. Daar is ook nou ‘n haarkapper op die perseel,” vertel Sonja opgewonde. Die biblioteek bestaan al vir ongeveer ‘n dekade en hier is Tannie Marie Fourie vrywillig aan die stuur van sake. Inwoners kan Maandae, Woensdae en Vrydae van 08:00 – 10:00 boeke uitneem.

Marie Fourie staan aan die stuur van sake by die biblioteek. Foto: Verskaf

“Een van die inwoners, Oom Wouter is 90 jaar oud en hy geniet dit baie om te lees, maar hy hou nie van liefdesverhale nie. Die oom verkies Engelse speurverhale, maar ons het nie baie daarvan nie. As iemand dalk vir ons nog so paar kan skenk, sal ons dit hoog op prys stel”, vertel Sonja.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button