Local newsNewsNews
Kunstige fotografie begin week sommer goed
Die talentvolle fotograwe skop die week op 'n hoë noot af met 'n kunstige versameling. Die groep verwelkom ook vir Vicky Pelser van Vanderbijlpark, Martin Pretorius van Vanderbijlpark en Cornelius du Plessis van Johannesburg wat hul buiging op die blad maak.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.
Die 45ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (5 Mei). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

































At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
