Local newsNewsNews

Kragtarief-verhogings ‘n ‘onreg teen inwoners’

Die implementering van die jongste voorgestelde verhogings in kragtariewe wat op 1 Julie by munisipaliteite in werking tree, is onvolhoubaar en ‘n onreg teenoor munisipale inwoners.

Mediaverklaring uitgereik deur: Michal Groenewald (VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta)

Met die saamgestelde inflasie-gekoppelde verhogings soos deur munisipaliteite begroot en die nasionaal aangekondigde 17,8%, kom dit neer op ‘n effektiewe verhoging van meer as 20%.

In die lig van die skokkende onthullings oor die enorme omvang van korrupsie by Eskom wat selfs vorige beramings in die skadu stel, is dié verhoging ‘n absolute skande.

Die jongste verslae toon aan dat korrupsiebevlekte tenders ten bedrae van R178 miljard, wat reeds deur die spesiale ondersoekeenheid en private ondersoekers geïdentifiseer is, wys in hoe ‘n mate Eskom deur korrupte ANC-politici en staatskapers tot op die rand van die afgrond gedwing is.

Dit is gelykstaande aan ‘n bedrag van sowat R3 100 vir elke landsburger of sowat 700 000 Hop-huise. Dit beloop byna die helfte van Eskom se uitstaande skuld van R411 miljard waarvoor onder andere munisipale belastingbetalers nou pa moet staan.

Suid-Afrikaanse burgers, sakelui en boere word dus gedwing om die misdrywe van Eskom-misdaadsindikate te subsidieer.

Wat die situasie erger maak, is die feit dat hierdie verhogings  op ‘n tydstip kom waar die meeste produktiewe burgers en werkskeppers steeds stry teen die verlammende gevolge van die Covid-19-pandemie.

‘n Groot aantal klein- tot mediumgroot-ondernemings sal nie hierdie buitensporige verhoging kan bekostig nie. Verdere afleggings, of die sluiting van ondernemings, is die noodwendige uitvloeisel van die gevolge van die optrede van die betrokke ANC-politici en hul meelopers in staatskaping.

Die ANC-regering moet ten volle en onvoorwaardelik aanspreeklikheid hiervoor aanvaar. Suid-Afrikaners moet in die komende plaaslike verkiesing met hul stemme saamstaan en opstaan om Suid-Afrika eens en vir altyd van hierdie giftige mengsel van ANC-kaderontplooiing en korrupsie te bevry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button