HealthNews

Ware lewensdrama: More word Luka en Liam gebore

"Slegs 'n wonderwerk kan klein Luka red, maar ons bid steeds," sê ouma.

VANDERBIJLPARK. – Vaalweekbladlesers het in Maart vanjaar kennis geneem van die ongebore tweelingseuntjies, Luka en Liam, vir wie ‘n Backabuddy-projek begin is om geld vir hul geboorte in te samel. Vaalweekblad het toe gerapporteer dat Luka gedurende die swangerskap met “Hypoplastic Left Heart syndrome” gediagnoseer is, wat beteken dat net die regterkant van sy hartjie werk.

Danksy Vaalweekbladlesers en ander mense wat goedgunstiglik bygedra het, kan die geboorte nou in ‘n privaathospitaal, Emfuleni Mediclinic, plaasvind, waar daar ‘n intensiewe sorgeenheid is om babatjies soos Luka na die geboorte gemaklik te hou. Sy lewe word egter steeds bedreig deur sy hartprobleem. Slegs ‘n wonderwerk kan hom red, sê hul ouma, mev. Suzette Hall.

Mamma Chavonne is reeds in die hospitaal en die keiser word moremiddag omstreeks 17H00 gedoen.

Hou die gesinnetjie asseblief in julle gedagtes en gebede. Dit is ‘n baie stresvolle tyd vir al die betrokkenes want daar lê beslis nog ‘n groot stryd voor.

* Ouma Suzette bedank almal wat vir hulle bid en sê ook baie dankie aan almal wat tot dusver geld bygedra het.

Rudi en Chavonne, die ouers van klein Luka en Liam.

***********************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button