Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.
Die 45ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (5 Mei). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto tussen die lang grasse in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n luiperd, wat versteek tussen die takke aan sy ete lê en smul, geneem.“Vergete en Verlate Donkerhoekstasie” – Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van die ou gebou geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Huibrecht Henning van Henley on Klip het die “mooi” raakgesien toe die sonstrale op dié boom in Klein Kariba val.Ina Herselman van Sasolburg het die mooi foto by die EcoPark in Vaalpark geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van die ou kasteel in Denseysville geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.John van Schalkwyk van George bewys met die foto hoe mooi selfs ‘n kaktus kan wees.Karin Cronjé van Andorra het op ‘n verkennings uitstappie gegaan en op die oulike dorpie tussen die berge afgekom. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).En soms moet jy maar die beste van ‘n slegte saak maak – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi geneem.Selfs besige paaie kan vir mooi oomblikke sorg. Ludwig Cross van Drie Riviere, Vereeniging het die kunstige foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het geduldig gewag dat die son sy kop uitsteek voordat sy die mooi foto geneem het.Amper dieselfde kleur as die gras, maar Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die bokkie bespeur en die mooi foto geneem.Tussen die hartseer van brandende velde en die berg het Mattithyah van der Merwe van die Kaap die mooi foto geneem.Die natuur het sy bekoring en selfs spinnekoppe is mooi. Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem,Monique Ackerman van Sasolburg (Mystic Balance Photography) het die kakelaar tussen die boomtakke raakgesien. Kontak haar gerus by 064 489 0284.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die verlate vlaktes geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die metaal voorwerpe kunstig vasgevang. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.In die beton-oerwoed het Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië die pragtige foto geneem.Anke van der Schyff (Kikilove Photography) van Vanderbijlpark het die “juweeltjie” puik vasgevang.Bernard du Toit van Riversong-plaas in die Koue Bokkeveld het sy kattekind tussen die lang gras gewaar en die mooi foto geneem.Dis beslis ‘n fonds om ‘n gesig met lyne vol stories teë te kom. Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Elfriede Human van Parys het die paddatjie raakgesien en die mooi foto geneem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za