Local newsNewsNews

Plaaslike skrywer gee tweede boek uit – Who Dares Lives

Avonturier, selfverdedigingspesialis, 7de Dan Taekwondo, adrenalien junkie, maar ook skrywer. Lenord Le Hanie se tweede boek, Who Dares Lives, is onlangs vrygestel.

VAALPARK. – Lenord Le Hanie se tweede boek is onlangs gepubliseer. Who Dares Lives is nie net die titel van die boek nie, dis ook Lenord se lewensfilosofie.

Die eerste gedeelte van die boek is outobiografies van aard en vertel hoe ‘n arm 11-jarige deur bloed en sweet ontwikkel het tot ‘n man. Die tweede gedeelte fokus op selfverdediging en oorlewing in die natuur en in die stedelike oerwoud.

Lenord het jare se ondervinding as persoonlike lyfwag en selfverdedigingsafrigter. Hy is ook ‘n 7de Dan Taekwondo Meester. Hy sê hy het baie lank met die idee geloop om ‘n boek oor oorlewing te skryf, maar het nog nie gereed gevoel daarvoor nie.

In 2012 het hy begin met die vertaling van Granger Korff se boek, 19 With a Bullet – A South African Paratrooper in Angola. Dit het hom sowat 18 maande geneem en hy het heelwat feite bygewerk. Die Afrikaanse weergawe, 19 en Gewapen, is in 2015 gepubliseer.

Daarna het hy met ywer begin navorsing doen en skryf aan sy eie boek, Who Dares Lives. Die boek is in Engels geskryf, aangesien dit ook vir die internasionale mark van waarde kan wees.

Dit is tans aanlyn beskikbaar en kan ook, onder meer, by Protea Boekwinkel in Vanderbijlpark gekoop word. Lenord sê hy het reeds met sy volgende boek begin wat meer op selfverdediging sal konsentreer. Hy hoop om later van tyd ook sy hand aan fiksie te waag.

Die boek sal die naweek by die Rotary Klub van Vanderbijlpark se boekwinkel by die Sylviavale Heritage Village te koop wees. Lenord sal ook Vrydag, 7 Mei tussen 17:00 en 18:00 by die Rotary boekwinkel wees om oor sy nuwe boek te gesels. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button