Local newsNewsNews

Kyk hoe mooi hou AfriForum Sasolburg se gras kort

Dié flukse tak het ook 1,1 ton teer gebruik om slaggate in Oppermanstraat te vul.

AfriForum se Sasolburg-tak het in April altesaam 14,3 ha gras gesny en ’n gebied van 4,7 ha skoongemaak. Dié projekte het ’n groot verskil in die dorp gemaak.

Die het gras gesny in Mosega, Magersfontein, De Wild, die area voor die Hoëveldse Tuine, Nuwekloof, die groenstrook by Mia’s Place, in Snyman-, Jan Smuts-, Opperman- en Pres. Swartstraat, en by die Koebergkerk.

Die tak het ongeveer ’n week lank gewerk om die groenstrook tussen Rubens- en Van Wouwstraat skoon te maak, waar hulle onder meer gras gesny, bome gesnoei en tuinrommel weggery het. Die tak het ook rondom die verspreidingshuis in Snymanstraat skoongemaak om brandgevaar te verminder.

Dié flukse tak het ook 1,1 ton teer gebruik om slaggate in Oppermanstraat te vul. Die straat is nou veiliger vir motoriste. Die Sasolburg-tak wil in Mei talle slaggate herstel en vra die gemeenskap om hul harte en beursies oop te maak sodat genoeg teer vir dié doel aangekoop kan word. Skakel vir André by 072 084 5641 om ’n skenking te maak.

Volgens Johan Cooks, die takvoorsitter, is hy opgewonde oor hoeveel nuwe mense by dié tak se projekte inval. Hy nooi almal uit om hom by 083 230 9073 of 064 634 9741 te kontak om betrokke te raak.

“Ek is ook baie opgewonde oor alles wat die AfriForum-tak in Sasolburg laat gebeur. Ek moedig inwoners aan om deel te word, want as jy nie is nie, mis jy geweldig baie,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder van die Mooirivier-streek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak en sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 31481 (R1).

Jo Fourie, Alta Pretorius en Wessie van der Westhuizen.
Paul Lessing, Amor Powell, Jo Fourie, Wessie van der Westhuizen en Alta Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button