Erkenning aan SHS se matriek-onderwysers
SHS se matrikulante het skitterend gevaar in ‘n jaar waar alles holderstebolder was weens die Covid-19 pandemie.
SASOLBURG. – Die Hoërskool Sasolburg High School (SHS) het hul 2020 matriek-onderwysers erkenning gegee vir hul puik werk nadat die skool se matrikulante ‘n slaagsyfer van 95.4% behaal het. In 2019 het die skool ‘n slaagsyfer van 93.6% verkry.
Die personeellede het op 30 April hul sertifikate by die skool ontvang. SHS se matrikulante het skitterend gevaar in ‘n jaar waar alles holderstebolder was weens die Covid-19 pandemie.
Die skool het ‘n Gold Award trofee ontvang. Die trofee word slegs toegeken aan skole in die distrik wat meer as 90% matriekslaagsyfer behaal het.
Die onderwysers wat as die top presteerders erkenning ontvang het was Antoinette Nel (Afrikaans Huistaal), JJ de Lange en France-Elize van Niekerk vir Rekeningkunde, Susan van Aswegen en Wynand Storm vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Rina Coetzee en Sharon Fourie vir Engels Eerste Addisionele Taal, Charlene Badenhorst en Mariette van der Westhuizen vir Engels Huistaal, Frieda Koekemoer en Charmaine Lewies vir Gasvryheidstudies.
Annalise Locke en Chantelle van Rensburg, 2020 se matriek wiskunde onderwysers, het sertifikate van waardering ontvang vir hul bydrae tot die goeie resultate.
Meer foto’s van die geleentheid is op die Facebook blad, @SasolburgHigh, gepubliseer.
