Local newsNewsNews

ERT Fliek Klub – Wat gebeur in Mei?

Die ERT Fliek Klub skop die maand af met 'n musikale drama, Nine op 15 Mei.

SASOLBURG. – Die ERT Fliek Klub bied uitsonderlike vermaak hierdie maand. Saterdag, 15 Mei om 14:00 is daar ‘n vertoning van die musikale drama, Nine (2009).  Die film spog met ‘n hele string bekroonde akteurs soos Daniel Day-Lewis, Marion Cotillard, Penélope Cruz, Judi Dench, Fergie, Kate Hudson, Nicole Kidman en Sophia Loren.

Daniel Day-Lewis vertolk die hoofrol in Nine. Foto: Internet

Day-Lewis lewer ‘n meersterlike vertolking as ‘n begaafde filmreggiseur, Guido Contini,  wat sukkel om harmonie te vind tussen sy persoonlike en professionele lewe.

Weens skrywersblok en ‘n gebrek aan ‘n idee vir ‘n nuwe film, wend hy hom tot die vroue wat die grootste impak op sy lewe het en gehad het. Dit sluit sy vrou, sy ma, sy agent  en sy  skelmpie in. Let wel, hierdie film is nie geskik vir kinders onder 16 nie.

Besprekings is nou oop. Stuur ‘n  WhatsApp na 063 217 5147. R150  vir ‘n dag lidmaatskap of koop ‘n seisoenkaartjie van R400 vir 5 films. Lede kry ook afslag op die snoeppakkies wat te koop aangebied word.

Fliek entoesiaste moet ook 22 Mei oophou. Om 12:00 sal daar ‘n agter die gordyn bespreking wees oor die lewe en wêreld van Stephen Sondheim deur Jaco van Rensburg. Sondheim is ‘n bekroonde komponis en liriekskrywer.

Hy het ‘n groot invloed op musiekblyspeles in die 20ste eeu gehad. Van sy werke sluit Follies, A Funny Thing Happened on the Way to the Forum, Gypsy, Sunday in the Park with George en Sweeney Todd in. 

Die bespreking sal opgevolg word deur ‘n vertoning van die 1982 filmverwerking van Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street met George Hearn en Angela Lansbury in die hoofrolle. Vir meer inligting besoek gerus die teater se facebook blad @ERTSasolburg.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button