
VEREENIGING. – Kliniese navorsing het die gesondheidswêreld gevorm soos ons dit vandag ken. Danksy die werk van toegewyde navorsers en individue wat as vrywilligers aan kliniese navorsingsproewe deelneem, kan lewensreddende medisyne ontwikkel en beskikbaar gestel word.
FCRN Clinical Trials Centre in Vereeniging vier Internasionale Clinical Trials Day op 20 Mei deur terug te gee aan die gemeenskap.
Besoek hulle gerus op 20 Mei van 08:00 tot 16:00 wanneer hulle gesondheidsondersoeke soos bloeddruk-, bloedsuikervlak- en swangerskapstoetse gratis sal doen.
Hulle is in Genl Hertzogweg 107 (eenhede 4-7), Drie Riviere, agter Postnet.
Vir meer inligting, kontak die sentrum by 072 274 3958.

******************************************************************************************************************
